Dié gewilde sepie is ná 21 jaar hervat en die eerste episode word op 28 Augustus om 21:00 op M-Net uitgesaai. Maar moenie dink die reeks word bloot herhaal nie. Larry Hagman, Patrick Duffy en Linda Gray keer al drie terug as JR Ewing, Bobby Ewing en Sue Ellen, maar dié keer word die ambisie en misleiding verder gevoer met ‘n tweede generasie Ewings.

Ons was destyds elke Dinsdagaand voor ons TV-skerms vasgenael om die skandes en magstryde van die Dallas-klomp dop te hou. Ons senuwees was gereeld aan flenters met al die onbeantwoorde vrae. Wie kan die toneel vergeet waar Bobby ná sy dood wonderbaarlik uit die stort klim? Of die groot vraag oor wie vir JR geskiet het? Nou kan ons nie meer wag vir die intriges om voort te gaan nie.

Oud- en nuwe aanhangers kan uitsien na JR en Sue Ellen se seun, Josh, wat teen sy oorlede ouma se uitdruklike wense in, op Ewing-grond wil boor vir olie. Bobby se aangenome seun, Christopher, maak ook moles wanneer hy sy familiebesigheid eerder in die rigting van alternatiewe energiebronne wil stuur.
Ons kan nie wag nie!

Kyk na die voorskou!