Soos wat die kinders van ‘n skool in die Amerikaanse voorstad Atlanta terugkeer skool toe na ‘n skietery, praat almal oor een vrou – Antoinette Tuff.

Dié 46-jarige finansiële beampte wat al 8 jaar by die skool is, het die 20-jarige verdagte oortuig om sy wapen neer te lê en homself aan die polisie oor te gee. En hoe het sy dit gedoen? Sy het koel en kalm gebly en haar eie lewensverhaal met hom gedeel om hom te oortuig dat 'n mens sterk genoeg is om deur enigiets te kom.

Antoinette se vinnige reaksie het moontlik gelei dat niemand tydens die insident ernstig beseer is nie. Die skoolhoof van die skool het gesê haar naam verduidelik als. “Tuff, tough. Sy was nog altyd ‘n sterk vrou.”

Nou word dié vrou op sosiale media as ‘n heldin beskryf. Die FBI sê sy het die regte ding gedoen deur nie soos ‘n slagoffer op te tree nie.

Terwyl sy die nooddienste gebel het, het sy met dié man, wat glo ‘n bestaande psigiatriese afwyking het, gepraat. Hierdie is ‘n transkripsie van die 911-oproep:

"It's going to be all right, sweetie [...] I just want you to know I love you, though, OK? And I'm proud of you. That's a good thing that you're just giving up and don't worry about it. We all go through something in life. No, you don't want that. You going to be OK [...] I thought the same thing, you know, I tried to commit suicide last year after my husband left me. But look at me now. I'm still working and everything is OK."

Antoinette en haar man is na 26 jaar geskei. Hulle seun is 22 jaar oud.