Die nuus het pas gebreek dat David Beckham se kontrak by die Amerikaanse sokkerklub, LA Galaxy, vir nóg 2 jaar verleng is, toe hy in 'n grap noem dat dít hom sal help om vir sy babadogter, Harper, se 'belaglike duur modesmaak' te betaal!

Die 6 maande-oue Harper is Mamma Victoria se nuutste – baie stylvolle – bykomstigheid. Sy word gereeld in haar ewe stylvolle ma se arms gesien, ondermeer met Chloé-kouse en ander uitrustings van die Franse ontwerper-kinderreeks, Bonpoint.

Victoria is self as ontwerper vereer toe sy verlede jaar die Britse Mode-toekenning as die top modehandelsmerk gewen het.

En in Februarie vanjaar gaan David sy supersexy onderklere-reeks eksklusief vir die H&M-winkelgroep bekend stel (sien foto bo).

Sien die volle Beckham for H&M-reeks hier!