Die musikant David Bowie is onlangs as die stylvolste ikoon in die geskiedenis van Brittanje aangewys. Hy is heel bo-aan BBC History Magazine se lys styl-ikone,  wat deur verskeie historici, mode-kenners en kurators saamgestel is.

Met dié toekenning het David stof in die oë van ander Britte - selfs koningin Elizabeth I - geskop. Talle Britse koninklikes was op die lys, onder meer Henry III, wat so ’n groot liefde vir luukse materiale gehad het. Ook die legendariese mode-ikoon Beau Brummell wat in die laat 18de eeu gebore is, is vir die titel benoem. Hy het glo elke dag 6 ure geneem om aan te trek!

David Bowie

David se uitspattige uitrustings van die sewentiger- en tagtigerjare is onlangs by die Victoria & Albert Museum in Londen uitgestal, en dié uitstalling was die populêrste in die geskiedenis van die museum. Meer as 48 000 mense het dit bygewoon.

Kyk hiér na David se uitstalling by die V&A Museum

Die redakteur van die BBC History Magazine, Rob Attar,het in ’n onderhoud aan die Britse Vogue gesê: "David Bowie het deur die loop van sy loopbaan al baie bereik, maar niks kom hierby nie. Om as besgeklede Brit van alle tye gekroon te word is ’n groot prestasie!"

WATTER UITRUSTING VAN DAVID IS JOU GUNSTELING?

Bron: BBC History Magazine, Vogue