David en Hayley Roberts het mekaar ontmoet toe hy haar tydens ’n besoek aan Wallis in Cardiff in ’n hotel raakgeloop het. Hy het die stad besoek vir oudisies vir die TV-program Britain’s Got Talent, waarin hy beoordelaar is.

Hayley is ’n winkelassistent en 27 jaar jonger as David. In die artikel met Hello! vertel hy onder meer hoe hy haar hart gewen het deur haar te bederf met blomme, juwele en ’n eksklusiewe wegbreek na Switserland.

David erken hy het al daaraan gedink om met haar te trou, maar hulle moet eers deur ’n paar uitdagings in hul verhouding werk. Soos dat hy die pa van twee kinders is. Hul agtergronde verskil ook hemelsbreed. Hayley woon byvoorbeeld steeds by haar ouers.

Tydens hul wegbreek na Switserland het hy ’n hele restaurant net vir hulle twee bespreek, maar sy het daarop aangedring om by McDonald's te gaan eet!