Mense wat al saam met David Rees gewerk het, vra:

Hanli Rolfes, mede-akteur in die TV-reeks Hartland vra:

Wat is jou filosofie as ouer?

Ek sal graag vir Wanya (sy 8-jarige dogtertjie) wil leer enigiets is moontlik. Geloof in haarself begin by ’n goeie selfbeeld. Ek hoop ek kry dit reg om haar met ’n goeie selfbeeld groot te maak.

David Rees

Burgert Muller, publisiteitsbeampte vra:

Jy’s Engelssprekend. Hoekom het jy destyds die rol van Niek Naudé aanvaar?

Franz Marx het die rol spesiaal vir my geskryf en as hy vir jou ’n rol aanbied sê jy nie nee nie.

David Rees

Leandi du Randt, mede-akteur in Egoli: Afrikaners is plesierig vra:

Wat is jou raad aan jong akteurs?

Gee vir jou gehoor iets om na te kyk. 

** Lees die volledige onderhoud met David waarin hy sy hart oopmaak in die April-uitgawe van SARIE.