Demi-Leigh Nel-Peters het werklik ’n goeie jaar agter die rug.

Ná haar kroning as Mej. Heelal einde 2017 het sy laas jaar liefde in die arms van die Amerikaanse sportster Tim Tebow gevind. En in New York van alle plekke!

Die glanspaartjie spandeer gereeld spesiale tye saam. In Desember het Demi-Leigh haar geboorteland vir Tim kom wys en Kersfees het hulle saam in sonnige Suid-Afrika deurgebring.

Hulle het ook ’n laat-Kersfees saam met Tim en sy familie gevier. Demi-Leigh het die kosbare oomblik op haar Instagram-blad gedeel.