Die beeldskone Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal 2017, het gister verloof geraak aan haar Amerikaanse kêrel, Tim Tebow.

Demi-Leigh is verloof!
FOTO Kelly Braman Photography

Demi-Leigh het die opwindende nuus Donderdagaand op haar Instagram-blad gedeel. Tim, ’n beroepsbofbalspeler, het ook nie op hom laat wag nie. “Dankie dat jy ja gesê het en my die gelukkigste man op aarde maak,” het hy op sy blad geskryf.

Die twee het laas jaar ontmoet terwyl Demi-Leigh haar kroningsjaar in New York deurgebring het. Hulle was in Suid-Afrika vir Kersfees.

Werner Wessels, bekende stilis en goeie vriend van Demi-Leigh, is tans in Amerika en kon deel in die opwinding. Hy het ’n foto van hom en die pas verloofde paartjie op Instagram gedeel.

Baie geluk, Demi-Leigh en Tim!

View this post on Instagram

The Queen got her King!??????

A post shared by Werner Wessels (@werner_wessels) on