Bronne het aan E! News vertel dat sy nou byna 40 kg weeg, en dat dit skynbaar te make het met haar verbrokkelde huwelik met akteur Ashton Kutcher. Hulle is onlangs saam by 'n Kaballah-sentrum in Los Angeles gesien in 'n laaste poging om hul huwelik te red, ná dit aan die lig gekom het dat Kutcher haar met die 22-jarige Sarah Leal verneuk het. En volgens onlangse berigte het Moore reeds regsadvies gekry om die skeisaak voort te sit.