Waar Ons vir jou oor die Boere-oorlog gehandel het, gaan Tree aan! op sy beurt oor die Bosoorlog. Deon gebruik dieselfde karakters wat in sy destydse drama Môre is 'n lang dag voorgekom het. En daarmee voltooi hy 'n sirkel met sy skrywes. Die akteurs wat in dié musiekblyspel te sien is, is Vaughan Gardiner, Willem Botha, Altus Theart, Johan Scholtz en Nadia Beukes. Tree aan! is van 11 Junie in die Staatsteater in Pretoria te sien.