Die Hollywood-ster Leonardo DiCaprio het die dood in die oë gestaar toe hy saam met ’n groot witdoodhaai in ’n duikhok beland het.

Ek weet nie hoe ek oorleef het nie,” het hy gister  op The Ellen DeGeneres Show gesê. Hy het besluit om die gewilde haaihok-duik te probeer, maar dinge het vinnig skeef geloop.

“Hulle [die organiseerders] het gesê dat dit in 30 jaar nog nooit gebeur het nie.” Hy verduidelik dat die tuna wat gewoonlik in die water gegooi word om die haaie te lok, aan die bokant van die hok waarin hy geduik het vasgesit het. Toe die haai opspring om die tuna te probeer vang, het die helfte van die haai se lyf in Leo se hok beland.

Jagluiperd val Adam Sandler in SA aan

“Ek het plat gaan lê aan die onderkant van die hok, die haai was só naby en het ’n paar keer gehap, maar ek het dit oorleef,” sê hy.

FOTO: YouTube FOTO: YouTube

blood_diamond_ver2Ondanks dié ervaring, wat Leo as “vreesaanjaend” beskryf, bestee die akteur baie van sy vrye tyd aan omgewingsake, spesifiek om geld in te samel vir programme wat haaie beskerm, berig Mail Online.

Leo sê die voorval het plaasgevind toe hy gedurende 2006 in Suid-Afrika aan die film Blood Diamond geskiet het. As troosprys het sy rol in dié fliek hom destyds ’n Oscar-benoeming besorg.

the-wolf-of-wall-street-poster-1-404x600

Dit lyk of Leonardo vanjaar weer vir ’n Oscar benoem gaan word, dié keer vir sy toneelspel in The Wolf of Wall Street, wat dié maand op plaaslike bodem begin draai. Indien hy benoem word, sal dit sy vierde Oscar-benoeming wees. Hy is ook vir ’n Golden Globe-toekenning benoem vir sy spel in dié fliek.

Bron: Mail Online