Die aktrise Amalia Uys is een van die dae te sien in Binneland op kykNET wanneer sy ’n plaasmeisie in dié sepie begin speel.

"Ek het nog altyd gedink dit sal lekker wees om in Binneland te speel, so ek sien vreeslik baie daarna uit," sê sy. Amalia begin einde Februarie skiet. Sy vermoed dié episodes sal waarskynlik teen die middel van April op die kassie wees. Haar kêrel, Stefan Ludik, speel ook in Binneland.

Amalia se top-skoonheidswenke

"Ek sien uit daarna om saam met Stefan op stel te wees! Ek dink dit gaan pret wees en dit sal vir my interessant wees om hom bietjie in ’n ander konteks te sien. Ek is trots op hoe goed hy by Binneland doen," vertel sy.

Amalia se karakter in die sepie is ’n plaasmeisie wat nog nie gewoond geraak het aan die stadslewe nie en dan ’n sterk rolmodel in haar baas vind.

Binneland se Dr. Franz Basson praat oor sy lewe na die sepie

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

"Sy is ook baie bewus van ander mense se gevoelens en sal daarom partykeer haar eie emosies afskeep of wegsteek - sy  klink vir my na ’n goeie, oulike meisie," beskryf sy haar karakter. Haar kontrak is op die oomblik vir drie maande, maar daar is ’n opsie om haar karakter langer in die storie te hou.

Kry Amalia se styl só

"Dit sal vir my lekker wees om bietjie langer te kan aanbly. Ek sien baie uit daarna om ’n vaste werk te hê en nuwe vriende te maak op stel."

Intussen maak sy ook plan om vir haarself geleenthede te skep. Wanneer sy nie tyd maak vir Stefan, haar familie en vriende en oefening nie, lees die aktrise op oor draaiboek-skryf.

"Ek sal daarvan hou om ’n psigologiese riller soos Black Swan te skryf," vertel sy.

Amalia is ook later vanjaar te sien in die tienerfliek Agent 2000 saam met Paul Loots (Timus in Die Roepman).

Amalia saam met Paul Loots en die ander kinder-akteurs in Agent 2000. FOTO: Twitter Amalia saam met Paul Loots en die ander kinder-akteurs in Agent 2000. FOTO: Twitter

Paul speel ’n geheime tiener-agent wat ’n hoërskoolboelie moet vastrek en Amalia speel ’n sexy jong wiskunde-onderwyser oor wie al die seuns gaande is.