Toe Jessica Alba onlangs 'n foto van haar toe sy jonger was op Instagram (links) gedeel het, was dit verbasend om te sien hoe baie sy en haar oudste dogter, Honor, na mekaar lyk!

FOTO: Jessica Alba se dogter Honor (regs) lyk baie soos haar ma (links) toe sy jonger was.

Só dra jy ligte pienk lipstiffie - à la Jessica Alba

Soos Gwyneth Paltrow het Jessica Alba 'n boek geskryf met raad vir ouers hoe om groen en gesond te lewe. The Honest Life help jou om in alle aspekte van jou lewe eko-sjiek te wees. Die boek is in verskillende afdelings ingedeel soos kos, skoonmaakwenke, styl en skoonheid. Sy probeer sover moontlik natuurlike en nie-toksiese bestanddele in en om die huis gebruik.


"Ek is mal oor kos en doen graag projekte saam met my kinders. Alles in die boek is iets waardevols wat ons al in ons lewe inkorporeer het. Ek het 'n soort handboek gesoek met al die inligting wat ek het sodat ek dit op 'n praktiese manier kan uitleef."

FOTO: Die 5-jarige Honor het onlangs van haar pre-primêre skool gegradueer en ma en pa, Cash Warren, was baie trots. Soos haar ma, hou Honor reeds baie van modieuse klere!

Die Warren-gesin

FOTO: Jessica Alba en haar man, Cash, met hul twee dogters, Haven (links) en Honor (regs).