Sy's amptelik die woordvoerder vir Magnum-roomys, want die lewe is te kort om dit nie te geniet nie.

Ons kén al die universele plesiertjies, van sjokolade tot roomys en die liefde. Daarom het Eva en die Plesier-professor (Prof. Alex Linley van die Universiteit van Leicester in Engeland) besluit om 'n wêreldwye studie te doen deur mense se Plesier Kwosiënt te bepaal (PQ) te bepaal.

En raai wat? Dit lyk asof die manne meer plesier as die vroue ervaar. Hul PQ-telling was sowat 120, waar vroue s'n op 116 gestaan het.

En Eva?

  • Naas Magnum-roomys, verskaf haar familie en haar hond haar die grootste plesier.
  • Sy't 'n geheime plesier! Dekor en argitektuur. Sy wens ook sy was 'n argeoloog wat in Egiptiese argeologie kon spesialiseer.
  • Sy hou haar PQ-telling hoog deur gereeld te lag.
  • Sy glo mense moet hulself kan geniet sonder om skuldig te voel - Magnum sjokolade-roomys maak die wêreld verseker 'n beter plek.