Dis die troue van die jaar! Saterdag, 19 Mei, gaan prins Harry en Meghan Markle mekaar uiteindelik die ja-woord gee. 

Watter bekende gaste gaan die troue bywoon?

George en Amal Clooney

Die Hollywood-akteur en sy menseregteprokureur-vrou gaan slegs by die onthaal wees.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Spice Girls

Die lede van die gewilde 90's-popgroep gaan daar wees, maar dit lyk nie of hulle gaan optree nie. Meghan was glo 'n groot aanhanger.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Priyanka Chopra

Die Indiese ster van die Quantico-reeks en voormalige Mej. Wêreld gaan die hele bruilof bywoon. Sy en Meghan is goeie vriende.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Sir Elton John

Die heer van pop het in 2011 die troue van prins Harry se ouboet, prins William, bygewoon en was 'n goeie vriend van hul ma, wyle prinses Diana. Hy gaan beslis Saterdag 'n ereplek hê. 

FOTO Getty Images / Gallo Images

Victoria en David Beckham

Die ander Britse "koninklike" paartjie gaan nes met William se troue ook Harry s'n bywoon.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Serena Williams

Die tenniskampioen, ook 'n vriendin van Meghan, het spesiaal uit 'n toernooi onttrek om die troue by te woon.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Die span van 'Suits'

Meghan se medespelers in die gewilde Amerikaanse reeks Suits gaan ook die troue bywoon. Gabriel Macht (Harvey Specter), Gina Torres (Jessica Pearson), Rick Hoffman (Louis Litt), Sarah Rafferty (Donna Paulsen), Abigail Spencer (Dana Scott) en Patrick J. Adams (Mike Ross) gaan almal by die seremonie wees.

FOTO Instagram / Suits_USA

Chelsy Davey

Harry se eks-meisie gaan die seremonie en die onthaal bywoon, maar nie die partytjie wat prins Charles die aand vir die pasgetroudes gaan hou nie.

FOTO Getty Images

Jessica Mulroney

Meghan se beste vriendin gaan 'n belangrike rol op die troudag speel. Haar dogtertjie, Ivy, is 'n blommemeisie. Dié stilis is glo reeds in Londen om vir Meghan te help.

FOTO Getty Images /Gallo Images

Lindsay Roth

Die skrywer en TV-vervaardiger is een van Meghan se beste vriendinne. Sy gaan al die verrigtinge bywoon.

FOTO Instagram

Janina Gavankar

Die True Blood-ster is nog een van Meghan se goeie Hollywood-vriendinne.

FOTO Getty Images / Gallo Images