Die eind-eksamen is amper verby. Talle matrieks maak reg om hul skoolskoene finaal uit te skop en om op matriekvakansie te gaan.

Vanjaar was daar drie Afrikaanse sterre wat ook matriek geskryf het.

Kykers het vir Greteli Fincham as Elani Malan leer ken in die Afrikaanse reeks Alles Malan, sy het haar hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Stellenbosch voltooi.

Sy is nie al nie bekende nie, die aktrise Mia van der Merwe was ook vanjaar in matriek en het Hoërskool Parel-Vallei se skoolbaadjie gedra. Sy is bekend vir haar rol as die rebelse Bella van Wyk in die gewilde regsdrama Fynskrif.

Nóg ’n bekende is die Alles Malan-ster Brent Vermeulen, wat ’n leerder en koshuiskind van Hoërskool Paarl Gimnasium was. Hy het vroeër vanjaar vir Greteli na sy matriekafskeid toe gevra.