Jy moet rateltaai wees om aan Survivor SA deel te neem. Ná Sondag se episode is daar nog net 12 finaliste oor wat om die groot prys meeding. Drie bekendes weet presies wat dit verg om deel te neem, want hulle was ook by die oudisies.

Deur Johann Huebsch

David Louw(ook bekend as Petrus in Villa Rosa), Phillip Henn wat dr. Chris van Deventer in Binnelanders vertolk het, en een van ons land se sexyste entrepreneurs, Brennan Wright, wou al drie as gewone deelnemers deel wees van die aksie en eilandlewe in Survivor South Africa: Champions, maar hulle het nie die paal tydens die oudisies gehaal nie.

SARIE se Fanie Cronjé in Survivor

David Louw

“Ek is ’n groot Survivor fan. Ek het gewonder hoe sou ek cope, hoe ver sal ek myself kan druk - mentally én physically,” vertel David en voeg by dat hy beslis weer vir dié uitdagende kompetisie sal inskryf.

David Louw as Ryno in Wolwedans in die skemer VIDEOGREEP: YouTube David Louw as Ryno in Wolwedans in die skemer.
VIDEOGREEP: YouTube

“Dit maak nie saak watter Survivor dit is nie - elke kans wat ek kry, sal ek aangryp.”

Phillip Henn

Vir dokter Chris, oftewel Phillip Henn, is die bekoring van Survivor dat elke deelnemer op gelyke voet is, maak nie saak wié hulle is nie. "Ek wou saam met almal in ’n tou staan en kyk wat my kanse is," sê dié akteur wat op 52 steeds baie fiks en gesond is. "Ek weet hoe om te cope, ek was in die weermag."

Phillip Henn FOTO: Phyllis Green Phillip Henn
FOTO: Phyllis Green

Survivor se Corné Krige haat dit om te verloor

Brennan Wright

Die TV-persoonlikheid Jeannie D se kêrel, die entrepreneur Brennan Wright, sê hy wou homself bloot uitdaag met ’n ervaring wat van sy alledaagse bestaan verskil.

"Dis die blote gedagte dat jy as mens alles moet gee om te oorleef - daardie oeroue instink. Ek stel belang in die oorlewing eerder as die politiek," sê Brennan, wat die uitvoerende hoof van die aanlynforum Diggit.co.za is.

Jeannie in a Bottle - Jeannie D se eie geur!

Mark Fish se seun Luke speel model

Twee van Suid-Afrika se grootste sportlegendes, Mark Fish en Corné Krige, is die spankapteins in vanjaar se Survivor SA, wat Sondagaande om 17:30 op M-Net (dsTV-kanaal 101) wys.

WAT DINK JY? WATTER BEKENDE DINK JY SOU SURVIVOR KON WEN? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!