Egskeidings is nie maklik nie, veral wanneer geld en besittings opgedeel moet word. Maar wanneer daar groot geld en baie besittings is, raak die skikkingsporsie soms buitensporig groot.

Katie Holmes en Tom Cruise

(hooffoto)

Tom betaal vir Katie $400 000 per jaar vir onderhoud vir hul dogter, Suri. Dis sowat R4,2 miljoen per jaar.

Michael Douglas en Diandra Douglas (née Luker)

Dié paartjie is in 2000 uitmekaar ná 12 jaar se getroude lewe. Diandra het $45 miljoen gekry - in vandag se terme is dit sowat $62,26 miljoen (ongeveer R666 miljoen). Michael is in 2000 met Catherine Zeta-Jones getroud.

Phil Collins en Orianne Cevey

Hul egskeiding in 2008 het dié sanger $47 miljoen uit die sak gejaag. In vandag se terme is dit sowat $52 miljoen (R556 miljoen).

Paul mccarthney heather millsPaul McCartney en Heather Mills

(regs)

Hul egskeiding is ná ’n lang tydperk in 2008 gefinaliseer. Heather het met $48,6 miljoen weggestap - met inflasie in ag geneem, sal dit vandag $53 miljoen (R575 miljoen) wees.

Kevin Costner en Cindy Costner (née Silva)

Ná 16 jaar aan Kevin se sy het Cindy in 1994 met $80 miljoen weggestap. In vandag se terme is dit sowat $128 miljoen (R1,3 miljard).

Harrison FordHarrison Ford en Melissa Mathison

(links)

Ná ’n huwelik van 11 jaar het Melissa in 2004 met $85 miljoen weggestap én sy kry ’n onbekende persentasie van al sy inkomste wat hy in die toekoms verdien. Dit is sowat $107 miljoen (R1,1 miljard) in vandag se terme.

Harrison het in 2010 met Calista Flockhart getrou.

Steven Spielberg en Amy Irving

Amy het in 1989 $100 miljoen gekry - dit is sowat $192 miljoen (R2 miljard) in vandag se waarde.

Madonna Madonna en Guy Ritchie 

(regs)

Dit is nie presies bekend hoeveel Madonna moes opdok nie, maar dit blyk tussen $67 - $92 miljoen (R717 - R985 miljoen) te wees.

Neil Diamond en Marcia Murphey

Dié sanger het in die 1990's $150 miljoen betaal vir sy tweede vrou, Marcia. Met inflasie in ag geneem sal dit vandag ongeveer $241 miljoen (R2,5 miljard) wees.

Tiger WoodsTiger Woods en Elin Nordegren

(links)

Die verbrokkeling van dié huwelik was internasionale voorbladnuus ná Tiger se verneuk-skandaal aan die lig gekom het.

Elin het met $100 milljoen (R1,1 miljard) uit die huwelik gestap.

Mel Gibson en Robyn Moore

Nadat Mel gevang is met ’n ander vrou, het Robyn ná ’n huwelik van 31 jaar weggeloop met die helfte van Mel se $850 miljoen-fortuin. Dit is een van die duurste skikkings nóg in Hollywood. Dit beteken Robyn het in 2011 ’n ekstra R4,5 miljard in haar bankrekening gekry.

Bronne: Radar Online en Access Hollywood

september corne crous corné kim 7de laan

Lees ook ons artikel oor egskeidings in die nuutste uitgawe van SARIE. Ons gaan klop aan vir raad by ’n ongewone bron - prokureurs. Dalk nie so ongewoon nie, want hulle het alles beleef - en wéét wat huwelike laat sneuwel.