Die afgelope paar maande het ons elke Woensdag uitgesien na DIY-wenke van sterk, inspirerende vroue. Ons het uitstekende raad van Mila Guy, Leandie du Randt, Riana Nel, Je-Ani Swiegelaar, Rozanne McKenzie, Nadia Beukes, Cindy Swanepoel, Mimi Mahlasela en Suna Robberts ontvang. En nou deel ons die laaste wenk van hierdie opwindende Stroomop-reeks.

Van wie is die wenk? Die talentvolle aktrise Simoné Nortmann, wat ook in die avontuur-fliek Stroomop speel.

FOTO Chanel O Photography

In die laaste episode deel sy twee skoonheidswenke met Donnalee Roberts. Een van die wenke is om hamamelis (witch hazel) op haar gesig te sproei.

FOTO Chanel O Photography

Sy het vroeër aan SARIE vertel: "Ek koop graag die hamamelis-en-rooswatermengsel by Dis-Chem en gooi dit dan tuis in ’n sproeibotteltjie. Ek spuit dit aan my gesig nadat ek my vel gereinig het en gebruik dit gereeld deur die dag om my vel te verfris. Dit help vir ’n veluitslag en kalmeer my vel."

FOTO Chanel O Photography

Sy is nie al bekende wat in die wondere van hamamelis glo nie, bekendes soos Eva Mendes en Drew Barrymore is ook aanhangers.

Kyk die laaste episode van Stroomop se DIY-reeks hier:

Soek jy nog slim wenke? 

Cindy Swanepoel: Klapperolie is die antwoord

FOTO Chanel O Photography

Suna Robberts: Dís hoekom jy ’n teelepel in jou grimeersakkie kort

FOTO Chanel O Photography

Mimi Mahlasela: My slim lipstiffie-wenk

FOTO Chanel O Photography

Nadia Beukes: Wat het papierstrooitjies en toiletpapier gemeen?

FOTO Chanel O Photography

Leandie du Randt: Dís haar raad vir sukses

FOTO Chanel O Photography

Mila Guy: 'n DIY-wenk vir sagte hande

FOTO Chanel O Photography

Rozanne McKenzie: Maak só 'n inspirasie-beker

FOTO Chanel O Photography

Riana Nel: Só kry jy ’n tan in ’n japtrap!

FOTO Chanel O Photography

Je-Ani Swiegelaar: Wenk vir slim pak

FOTO Chanel O Photography

Onthou Stroomop word 9 Augustus landwyd vrygestel. Waaroor handel Stroomop? Vier vroue, elk met hul eie probleme, durf die Oranjerivier aan. 'n Storie van oorlewing en hoop volg. 

Kyk die lokprent hier: