Die span wat bekendes soos Melinda Bam, Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke. Vandag vertel Charlene Schlorke, kunsdirekteur by Gary Rom Southdowns, vir ons meer oor die trends in trouhaarstyle.

Elke meisie droom van haar sprokiestroue. Dit is een van die mooiste dae van jou lewe en ’n samevatting van jare se inspirasie. Jou hare speel ’n baie groot rol in jou algehele voorkoms en moet mooi beplan word.

Een van die belangrikste wenke wat ek kan gee, is om iets met jou hare te doen waarmee jy gemaklik voel. Jy moet jouself wees - hy trou met jou soos jy is.

Jy wil nie ongemaklik voel met hare wat te styf is of oordoen is vir jou smaak nie. Dieselfde geld ook vir iets wat te los is en dit voel asof al die knippies uit jou haarstyl gaan val.

Probeer om ’n goeie verhouding te bou met jou haarstilis wat jou kapsel gaan optower vir jou spesiale dag. Dit help as jy met haar of hom kan eerlik wees.

Trends in trouhaarstyle

Daar is duisende style om uit te kies. 2014 is ’n romantiese jaar met die klem op al die fynere details. Hier is ’n paar idees wat in die kollig is vir ons lente/somertroues hierdie jaar: van sagter loshangende krulle tot netjiese formele style.

Die aktrise Ashley Tisdale het die naweek getrou FOTO: Instagram  @orbingurkin  Die aktrise Ashley Tisdale het die naweek getrou
FOTO: Instagram @orbingurkin

FOTO: Instagram  @orbingurkin FOTO: Instagram @orbingurkin

FOTO: Mark Cameron FOTO: Mark Cameron

Bruidspaar van die Jaar-finaliste Marilet en Leon van Rooyen FOTO:  Howling moon photography Bruidspaar van die Jaar-finaliste Marilet en Leon van Rooyen
FOTO: Howling moon photography

Bruidspaar van die Jaar-finalis, Zanike Gerber FOTO:  Marlize de Lange Photography and Design Bruidspaar van die Jaar-finalis Zanike Gerber
FOTO: Marlize de Lange Photography and Design

 Bruidspaar van die Jaar-finaliste Yolandi en Bossi Ferreira FOTO:  Splendid Productions

Bruidspaar van die Jaar-finaliste Yolandi en Bossi Ferreira

FOTO: Splendid Productions

Bruidspaar van die Jaar-finaliste Elmarie en Sakkie Viljoen FOTO:  Lindy Truter Photography  Bruidspaar van die Jaar-finaliste Elmarie en Sakkie Viljoen
FOTO: Lindy Truter Photography

FOTO:  Just Judy Photography  Bruidspaar van die Jaar-finaliste Frances en Niel Bosch FOTO: Just Judy Photography

Bruidspaar van die Jaar-finaliste Inge en Kosie Zondagh FOTO:  Jeanine Groenewald Bruidspaar van die Jaar-finaliste Inge en Kosie Zondagh
FOTO: Jeanine Groenewald

Charlene Schlorke gary rom

*Charlene Schlorke is ’n kunsdirekteur by Gary Rom Hairdressing Southdowns in Irene (012 665 0188)

Nóg in ons BRUID-afdeling