Dis die grootste aand vir musiek ter wêreld. Die 61ste Grammy-toekennings is gisteraand by Staples Center in Los Angeles gehou.

Soos altyd was die musiekoptredes onvergeetlik. Dolly Parton (73) het saam met Miley Cyrus, Katy Perry, Kacey Musgraves, Maren Morris en Little Big Town die gehoor gaande gehad. Ook Grammy-wenners Lady Gaga, Jennifer Lopez, Cardi B en Alicia Keys het weer gewys waarom hulle supersterre is met solo-optredes uit die boonste rakke. 

Een van die hoogtepunte was egter toe die vorige presidentsvrou, Michelle Obama, haar verskyning op die verhoog maak. Sy het in 'n ikoniese oomblik saam met Lady Gaga, Jada Pinkett Smith en Jennifer Lopez op die verhoog gestap en 'n toespraak gelewer. 

Loer hier na die aand se hoogtepunte en onthou-oomblikke:

LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Lady Gaga performs
Lady Gaga het 'n ongelooflike vertoning gelewer. FOTO: Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Katy Perry (L) and
Katy Perry en Dolly Parton het saam gesing FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Noah Cyrus (L) and
Noah Cyrus en Billy Ray Cyrus was in die gehoor FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Miley Cyrus (L) an
Miley Cyrus deel die verhoog met Shawn Mendes FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Kacey Musgraves ac
Kacey Musgraves het die Album van die Jaar-toekenning gewen vir "Golden Hour" FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Jennifer Lopez per
Jennifer Lopez het die gehoor op hulle voete FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Lady Gaga, winner
Lady Gaga het verskeie toekennings gewen vir haar liedjies "Joanne" en "Shallow" FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Dolly Parton (L) a
Dolly Parton en Miley Cyrus sing saam op die verhoog FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Janelle Monae (C) p
Janelle Monae het die gehoor bekoor met haar energieke vertoning FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CALIFORNIA - FEBRUARY 10: Soweto Gosp
Die Soweto Gospel Choir het gewen in die kategorie, beste wêreldmusiek-album, vir Freedom FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Lady Gaga, Jada Pi
Lady Gaga, Jada Pinkett Smith, Alicia Keys, Michelle Obama, en Jennifer Lopez saam op die verhoog FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Dua Lipa backstage
Dua Lipa word agter die verhoog omhels nadat sy as die beste nuwe kunstenaar aangewys is. FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Travis Scott (L) a
Travis Scott en Kylie Jenner het die koppe laat draai op die rooi tapyt FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Alicia Keys perfor
Alicia Keys was ook die seremoniemeester. Sy het treffers soos Kings of Leon se "Use Somebody" op twee klaviere gespeel. FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CALIFORNIA - FEBRUARY 10: Katy Perry
Die internet het gegons oor Katy Perry se vreemde uitrusting FOTO Getty Images / Gallo Images
LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Diana Ross perform
Diana Ross vier haar 75ste verjaardag met 'n spesiale vertoning FOTO Getty Images / Gallo Images