Joan Fontaine

Ms-Fontaine-joan-fontaine-19034394-396-500Die bekroonde Hollywood-aktrise Joan Fontaine (96) is Sondag in haar huis in Kalifornië oorlede. Volgens Joan se assistent het sy "rustig" in haar bed gesterf - net soos sy dit wou hê. Joan het in 1941 ’n Oscar vir haar rol in Alfred Hitchcock se Suspicion ontvang, en het ook in flieks soos Othello en September Affair gespeel. Sy was glo in ’n jare-lange twis met haar suster Olivia De Havilland (ook 'n bekroonde aktrise) gewikkel. Ironies genoeg, het sy die volgende per geleentheid gesê: "Ek is eerste getroud, ek het voor Olivia ’n Oscar gewen en ek is seker daarvan as ek eerste doodgaan, gaan sy (Olivia) daaroor óók woedend wees."

Joan praat oor haar verhouding met haar suster - kyk hier:

Peter O'Toole

Die Lawrence of Arabia-ster (hooffoto) is Saterdag ná ’n lang siekbed in die Wellington-hospitaal in Londen oorlede. Peter (81) se agent, Steve Kenis, het gesê Peter was enig in sy soort en was ’n groot naam wat ’n leemte in die bedryf sal laat. Hy het na sy debuut in Lawrence of Arabia ook in flieks soos Goodbye, Mr Chips (1969) en The Ruling Class (1972) gespeel. Hy was in sy tyd as akteur vir talle Oscars benoem, maar kon nooit daarin slaag om een te wen nie. Peter is wel in 2003 met ’n ere-Oscar vir sy volgehoue sukses as akteur bekroon.

Ray Price

Ray PriceRay Price (87), een van Country-musiek se grootste legendes, het gister by sy huis net buite Texas gesterf. Hy is in 2011 met pankreaskanker gediagnoseer, waarna die kanker na sy lewer en longe versprei het. Ray het sedertdien intensiewe behandeling vir sy kanker ontvang, maar het verlede Donderdag besluit om dié behandeling te stop en huis toe te gaan waar hy tuisversorging ontvang het.

Ray se vrou, Janie Price, het sy laaste boodskap aan al sy aanhangers bekendgemaak: "Ek is baie lief vir my aanhangers en het my hele lewe lank na hulle uitgereik. Ek waardeer hul ondersteuning deur die jare, en ek hoop nie ek het hulle teleurgstel nie. Ek gaan nou in vrede rus. Ek is lief vir Jesus, en gaan nou by Hom wees. Moenie oor my bekommerd wees nie. Ek sal julle eendag weer sien."

Hieronder sing Ray een van sy treffers "Release Me"