’n Ikoniese voorblad, en die inspirasie vir ons twee verjaardagvoorblaaie. Die heel eerste uitgawe van Sarie Marais het ’n nuwe standaard vir tydskrifvoorblaaie in SA gestel.

Nou nog is dié voorblad ’n gesprekspunt: twee vroue, die een modern, toekomsgerig, haar voorkoms Dior-geïnspireerd; die ander ’n skimbeeld van ’n Voortrekkervrou wat sê dat die tydskrif die baanbrekerswerk sou voortsit van die eerste Afrikaanse vrouetydskrif, Die Boerevrou (1919-1931).

Die heel eerste Sarie Marais-voorblad, gepubliseer
Die heel eerste Sarie Marais-voorblad, gepubliseer op 6 Julie 1949.

Dié maand se twee voorblaaie met Rolene Strauss sê saam wie die SARIE-leser is: sterk en stylvol; die skimbeeld hierdie keer die jong vrou van die 1949-voorblad wat SARIE se gesprek met derduisende Afrikaanssprekende vroue oor 70 jaar begin het.

SARIE se Julie 2019-uitgawe
SARIE se Julie 2019-uitgawe

“Die keuse van Rolene [as ons Julie-voorbladgesig] was spontaan. Sy’s klassiek en tydloos. En aktrise! Met elke kameraflits wássy daardie eerste Sarie Marais-model. Maar ook die leser vandag, speels en sensueel,” sê Fanie Cronjé, SARIE se stylredakteur.

SARIE se Julie 2019-uitgawe
SARIE se Julie 2019-uitgawe

LEES OOK:

100 jaar se inspirasie

Rolene: ‘Ek moes baie oorwin’