Brad (48), Angelina (36) en hul kinders, Maddox (10), Pax (7), Zahara (6), Shiloh (5) en die driejarige tweeling, Vivienne en Knox, sowel as twee kinderoppassers het baie ontspanne gelyk toe hulle ná 'n lang vlug gister (7 November) op Tokio se Haneda-lughawe geland het.

Honderde wuiwende aanhangers het die Jolie-Pitts begroet en die kinders is duidelik gewoond aan ál die aandag en flitsende kameras.

Die gesin kuier in die Verre Ooste waar pa Brad die fliek Moneyball bemark. Slegs 'n paar dae tevore was hulle in die Hongaarse hoofstad, Boedapest, waar Brad ekstra tonele vir die fliek World War Z geskiet het.

Die wêreld is beslis hul speelveld!

Moneyball se voorprent