Kim, Khloé en Kourtney – die smeulende Kardashian-trio – poseer voor 'n baie ryklik versierde deur in eina-klein onderklere uit hul splinternuwe onderklere-reeks vir die winkelgroep Sears. Die foto is volgens berigte voor Kourtney se tweede swangerskap geskiet.

Die reeks word beskryf as gemaklik dog baie vroulik. En tussen die drie van hulle is daar beslis 'n item wat elke moontlike liggaamsbou sal pas.

Die foto's waarmee die reeks Augustus verlede jaar bekend gestel is, is destyds deur topfotograaf Annie Leibovitz geneem.

Die Kardashians het ook 'n denimreeks wat gemik is op vroue met kurwes.