Dis juis haar skoonheid, maar ook haar moderne mode-aanslag wat dié 25-jarige koninklike die perfekte keuse vir Gucci maak. Sy is spesifiek gekies vir die Gucci Forever Now-veldtog wat die 90ste verjaarsdag van dié modehuis vier. Die foto's sal deur legendariese fotograaf, Peter Lindbergh, geskiet word.

As professionele perderuiter neem sy gereeld in Gucci-perdryklere aan kompetisies deel – items wat persoonlik deur Frida Giannini, kreatiewe direkteur van Gucci, vir Charlotte uitgekies is. Vir Frida is Charlotte een van háár top 15-styl-ikone. 

Maar die Monaco-koninklikes het 'n verdere verbintenis met dié modehuis. Gucci se ikoniese blompatrone, Flora, is in 1966 'gebore' toe Prinses Grace 'n kopdoek in dié fleurige patrone wou hê.

FOTO-GALERY: Charlotte Casiraghi se perdry-styl deur die jare