Alhoewel dit nie moontlik is om vriende met die koningin of enige van haar familielede op Facebook te raak nie, kan die publiek die bladsy besoek. Hier kan hulle 'n kykie kry in die doen en late van die koninklike familie en kommentaar lewer. Foto's van die familie en al sy lede sal gedurig opgelaai word, asook inligting rakende belangrike geleenthede.

Die amptelike @British Monarchy-identiteit op Twitter het reeds sowat 70 000 volgelinge.

Besoek die Facebook-blad