Na´ tien jaar in Amerika is die aktrise Quinne Brown-Huffman me´e´r as gereed om met haar gesin terug te keer na Suid-Afrika. Die lewenslesse wat sy daar geleer het, wil sy gebruik om ’n verskil in haar ‘hartsplek’ te kom maak.

No´u´ is die tyd reg vir Quinne Brown-Huffman, wat ons in 2000 as die vrolike kelnerin Connie van der Lecq in die SABC2-sepie 7de Laan leer ken het. Vier jaar lank was hulle in haar lieflingstad, San Francisco. Daarna het sy en haar man, Ryan, wat sonenergie verkoop en bier brou, na San Diego, Kalifornie¨ getrek, waar hulle nou woon. Maar dit het nooit regtig soos “huis” gevoel nie.
“Ons het wonderlike vriende gemaak, want jy kry orals lojale mense. Dit was ’n geskenk om ’n ander land en sy mense te leer ken."

- Quinne Brown-Huffman

In ’n Skype-onderhoud vertel sy dat sy gehoop het om vroeg 2016 al terug te wees. “Maar destyds, met die visum-rompslomp, het dit nege maande geduur om van Suid-Afrika na Amerika te kom. En jy kan nie glo hoe moeilik dit is om alles te ree¨l vir die verhuising na Suid-Afrika nie. Maar as alles goed gaan, is ons vir seker teen Kersfees 2016 terug,” se^ sy laatnag.

Die foto was in November 2008 in SARIE ("Ek mis die klank van Afrika"). Die foto was in November 2008 in SARIE ("Ek mis die klank van Afrika").

Hulle gaan in Johannesburg woon, waar Ryan waarskynlik heeltyds bier gaan brou. En sy hoop om hier in die “groter prentjie” ’n verskil te maak.

Sy het in Januarie 2012 by Doulas of Northern America (DONA), ’n internasionale organisasie in San Diego, aanlyn opleiding gekry en praktiese ondervinding opgedoen. In haar eerste jaar het sy nege ma’s tydens swangerskap bygestaan. In haar tweede jaar is sy as doula gesertifiseer.

Wat is ’n doula?

’n Doula ondersteun vroue tydens die geboorteproses en help die nuwe ma ook na´ die bevalling, maar is nie ’n vroedvrou nie. Quinne het met haar kinders, Charlotte (4) en Lara (2), se geboortes ook ’n doula gebruik.

Op haar webtuiste, Doula Quinne, sê Quinne dat sy 24/7 beskikbaar is.

Sy doen egter nie die volgende nie

  • Vang geen babas nie.
  • Vervang nie jou dokter of verpleegster nie.
  • Praat namens jou met die personeel.
  • Maak geen keuses vir jou nie.

Lees die volledige onderhoud in SARIE se Februarie-uitgawe, wat steeds digitaal afgelaai kan word.

Lees nou