Vanaand om 17:30 kan jy die slotepisode van SARIE Voorbladgesig 2018 op kykNET (DStv-kanaal 144) kyk. Nie net kan jy deel in die opwinding van die spog-gala en kyk watter bekendes almal daar was nie. Jy kan ook self die reaksie van Emari Gieselbach, nuwe Voorbladgesig-wenner, beleef toe haar naam uitgeroep word. Moenie vanaand die opwindende episode misloop nie!  

SARIE Voorbladgesig 2018 is met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, die Isa Carstens Akademie, Kalahari en kykNET.