Woensdagaand het Karen Zoid tydens haar optrede op die RSG-verhoog die Leonard Cohen-treffer Hallelujah aan Mathys opgedra - self 'n groot Cohen-aanhanger. SARIE se Lou-Ann Stone het die atmosfeer as "ongelooflik en roerend" beskryf. Dis ook regstreeks op RSG uitgesaai. Jannie Moolman het tydens hul vertoning, Hartsnaar, saam met Christa Steyn, met sy liedjie "Swerwer" hulde gebring aan Roets se harde werk en tyd wat hy deur die jare in sy loopbaan ingesit het. In die tussentyd gaan die Ses Snare sonder hom voort. "Die een snaar is net uit tune. Hy het nie gebreek nie," sê Blackie Swart. Mel Botes, nog 'n groeplid, het die Pink Floyd-liedjie, "Wish You Were Here" tydens die Ses Snare se eerste optrede ook aan Roets opgedra. Die Mathys Roets-ondersteuningsgroep op Facebook het Donderdagmiddag reeds 2 238 lede gehad. 'n Tweede Facebook-groep, die Bid vir Mathys Roets-groep, het ook al 2 379 lede.

Mathys het Maandag 6 April naby Dewetsdorp 'n ernstige motorfietsongeluk op pad na die KKNK gemaak. Hy het onder meer ligte breinbloeding, beskadigde longe, gebreekte ribbes en verskeie rug- en ander frakture.

* Nog berigte oor sy ongeluk:
Dapper Mathys veg om sy lewe

Mathys Roets 'lyk nie goed nie'

* Lees ook SARIE se onderhoud met Mathys net voor die ongeluk.