Kweek die man in jou lewe ewe skielik 'n klein snorretjie op sy bolip? Moenie bekommerd wees nie, dis vir 'n Movember (Moustache November)! Dis 'n bewusmakingsveldtog vir prostaatkanker en depressie. En Peter 'Snorre' de Villiers, Springbok-rugby-afrigter, gaan vanjaar se beste Movember-snor aanwys...

Sedert 2004, het die Movember Foundation in samewerking met CANSA (Cancer Association of South Africa) fondsinsamelings gehou ten bate van manlike-gesondheidskwessies. Dit sluit die bewustheid rondom prostaatkanker en depressie in. Bekendes wat aan hierdie veldtog deeleneem is celebs soos Mark Pilgrim, Bob Skinstad, Rob Louw, John Smit, Oscar Pistorius, Arno Carstens, Henré Pretorius, Bryan Habana en Jakkie Louw - wat selfs 'n video gemaak het vir hierdie geleentheid! Kulula.com het self gesorg vir opskrifte met hul innoverende Movember-bydrae. Daar sal nasionale gala-geleenthede wees om vas te stel wie die wenner van dié snor-kompetisie is. En wie beter Peter de Villiers?

Henré Pretorius het die Vrede Foundation vir jongmense met kanker begin. Klik op hulle webblad om te sien hoe jy kan help.

John Smit Henré Pretorius vir Movember
John Smit Henré Pretorius
Oscar Pistorius Jakkie Louw vir Movember
Oscar Pistorius Jakkie Louw
Jean de Villiers & Bryan Habana
Bob Skinstad vir Movember
Jean de Villiers en Bryan Habana Bob Skinstad
Peter de Villiers Arno Carstens vir Movember
Peter de Villiers Arno Carstens