’n Paar maande gelede het Google vir Suid-Afrikaanse kinders gevra om die Suid-Afrika van hul drome te teken. En die mooistes het Google Doodles (die beeld wat wys as jy Google oopmaak) geword.

Die 20 finaliste is na ’n spesiale toekenningseremonie in Johannesburg genooi waar die wenners pryse soos tablet-rekenaars en Google Play-geskenkbewyse ontvang het.

Die wenner in die kategorie 12 - 14 jaar, asook die algehele wenner, Katya Ludick (in graad 8 aan Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp), het ’n prent geteken van ’n Suid-Afrika waar stropery nie meer plaasvind nie.

Dié prent is vandag se Google Doodle.

FOTO: Google / Katya Ludick FOTO: Google / Katya Ludick

Die ander wenners, volgens Times Live, is:

Kategorie 6 - 8 jaar: Kayleigh Breytenbach van Laerskool Sabie, Mpumalanga

FOTO: Google / Kayleigh Breytenbach FOTO: Google / Kayleigh Breytenbach

Kategorie 9 - 11 jaar: Zehiye Rahman van Clarendon Voorbereidingskool, Oos-Kaap

FOTO: Google / Zehiye Rahman FOTO: Google / Zehiye Rahman

Kategorie 15 - 17 jaar: Alexandra Wuzyk van Hoërskool Secunda

FOTO: Google / Alexandra Wuzyk FOTO: Google / Alexandra Wuzyk

Jy kan die top-20 finaliste HIER sien.

Lus om te lag?

Enkellopend-wees is glad nie lekker nie - dis dan baie moeilik om met jouself vas te dans! Bouwer Bosch en Bennie Fourie het Bobby en Karlien van Jaarsveld se lirieke gebruik om te kyk of hulle meisies kan beïndruk.

Kyk hierdie lekker-lag-video!