Nataniël is terug met sy kos-avonture en kwinkslae. En as jy die eerste reeks misgeloop het, wees seker dat jy watertand disse, nommerpas wyne en skerpsinnige humor te wagte kan wees!

Kyk die skreeusnaakse video van die media-bekendstelling in Kaapstad hier.

Die Nataniël Tafel

Nataniël antwoord 'n paar vrae...

Wat is jou gunsteling kos?
Goeie Maleise kerrie, kan dit glad nie kook nie!

Wat is jou gunsteling drankie?
Franse sjampanje (en binnekort my eie wyne!)

Wie is jou gunsteling sjef?
Topsi Venter

Wat is jou gunsteling bederfie?
'n Hele dag alleen by my huis en ontbyt met (wit!!) roosterbrood.

Wat is jou gunsteling sê-ding?
Natuurlik is dit moontlik

**Jy kan ook nou die eerste reeks van Die Nataniël Tafel op DVD bestel. Volg Die Nataniël Tafel op Facebook