Die model Louis Dowler (34) en Kate is hand-aan-hand gesien en vrae oor hul verhouding het sowat 'n maand gelede opgeduik ná die twee gesien is waar hulle saam in New York oefen. Onlangs was hulle saam uit in Londen se West End, en die verliefde paartjie blyk baie gelukkig te wees. (Bron: Hellomagazine.com)

Dowler, wie al vir Burberry, Paco Rabanne en Paul Smith modelwerk gedoen het, en Kate is glo onafskeidbaar sedert hulle deur gemeenskaplike vriende aan mekaar voorgestel is op 'n partytjie.

Kate was ook voorheen met Jim Threapleton getroud (1998 - 2001) en hulle het saam 'n dogter, Mia Honey, wat nou nege jaar oud is. Kate en Sam het saam die 6-jarige Joe.