Die Twitter-sfeer gons behoorlik! En dit is nie oor 'n nuwe beleid van die Amerikaanse president Barack Obama nie. Ook nie oor sy vrou, Michelle, se modekeuses nie. En ook nie oor hul oulike tienerdogters Malia en Sasha nie. Nee, daar is 'n nuwe sensasie uit die Withuis.

Dis glad nie 'n hondelewe vir dié nuwe internetster en hond van president Barack Obama nie. Nadat die Withuis 'n foto van Bo, 'n Portugese waterhond en die geliefde hond van die Obama-gesin, getwiet het, het dit soos 'n veldbrand oor die internet versprei.

FOTO: Dié foto met die byskrif "Bo, stop trying to make fetch happen" het blitsvinnig oor die internet versprei

Dié foto is byna 22 000 keer op Twitter gedeel en het sy eie foto-album op die Withuis se amptelike facebook-blad.

Voetspore-span ontmoet Obama se ouma in Afrika

En Bo het 'n lekker lewe. Die historiese gebou by die bekende adres in Washington D.C. is sy speelgrond. Hy word ook saam op familie-vakansies geneem en vlieg in styl saam met dié belangrike gesin.

Michelle Obama se stylvolle besoek aan Afrika + kry haar styl!

Lyk vir ons of dié rustige brak nie gepla word deur die politieke drama om hom nie ...