Ons is seker jy het nog nie dié hondekruisings gewaar nie. Kan jy jouself indink? Twee van jou gunsteling-hondespesies in een! Met soveel oulike kruisings sal jy onmiddellik jou hart verloor op dié snoete. via GIPHY

Hier is ’n lys van die oulikste hondekruisings:

1. Horgi - Siberiese sleehond (Siberian husky) en ’n Walliese herdershond (corgi)  Die pels van ’n Siberiese sleehond, maar so groot soos ’n corgi - daar's min dinge soos dié bal hare in die wêreld.

View post on imgur.com

2. Border Collie Cocker - ’n borderkollie en cockerspanjoel (cocker spaniel)

As jy vinnig kyk, kan jy die hierdie woef misgis vir ’n Dalmatiese hond.

A photo posted by @dog_crossbreeds on
SA se gewildste honde 3. Goldador - ’n labrador en golden retriever Twee van die vriendelikste honde in een!   
A photo posted by @dog_crossbreeds on
4. Border-Aussie: ’n borderkollie en Australiese skaaphond (Australian Shepherd) Met hierdie hond se eindelose energie sal jy nooit stilsit nie.

5. Baussie - ’n Boston-terriër en Australiese skaaphond 

Wie kan in daardie blou oë kyk en hom nié met iets lekkers bederf nie?
A photo posted by @dog_crossbreeds on
 
6. Bordoodle - ’n borderkollie en poedel Jy kan hierdie slim honde baie maklik leer.
A photo posted by @dog_crossbreeds on

7. Chi Staffy - ’n staffordshire-bulterriër (staffy) en ’n chihuahua Dit is waar wat hulle sê van dinamiet en klein pakkies ...

8. Jug - ’n Jack Russell-terriër en pug Hoe kan jou hart nou nie smelt as jy na hierdie gesiggie kyk nie?

A photo posted by Audrey (@audreythejug) on
 

via GIPHY

Hoe oud is jou woef in mensjare?