Dit gebeur nie elke dag dat ’n Suid-Afrikaner in die filmbedryf meeding met die grootste name in Hollywood nie. Maar dié twee musiekmanne hou Suid-Afrika se naam hoog.

Die komponiste Alex Heffes en Ryan Amon (hooffoto) gaan moontlik in aanmerking vir ’n Oscar kom vir hul werk in twee internasionale flieks. Alex is verantwoordelik vir die klankbaan van Mandela: Long Walk to Freedom en Ryan Amon vir Neill Blomkamp se fliek Elysium.

Alex Heffes FOTO: Facebook Alex Heffes FOTO: Facebook

Sharlto Copley sing Afrikaans in nuwe Hollywood-fliek

Die 86ste jaarlikse Oscar-toekennings vind Sondag, 2 Maart 2014, plaas. Die Academy of Motion Pictures Arts and Sciences het verlede Donderdag aangekondig dat sowat 114 musieksnitte uit 2013 se rolprente, ook moontlik benoemings kan ontvang.

Die finale lys Oscar-benoemings sal op 16 Januarie 2014 bekendgemaak word.

Hoogtepunte van die Oscar-toekennings deur die jare

Bron: Screen Africa