Dawid Minnaar

Die akteur Dawid Minnaar - bekend vir sy rolle in Fiela se kind, Binnelanders en Die wonderwerker - het op ’n plaas in Namibië groot geword.

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Stefan & Hugo Ludik

Dié twee broers het in Namibië groot geword, skoolgegaan en later selfs Namibiese kleure in krieket gekry voordat hulle besluit het om hulself in Suid-Afrika te kom vestig.

Vandag is Stefan, wat Namibië destyds in Big Brother Africa verteenwoordig het, beter bekend as dokter Gustav in die kykNET-sepie Binnelanders. Hugo, wat ook TV-werk doen, se groot passie is weer musiek - lees meer oor Hugo en sy liefdeslewe HIER.

Juanita du Plessis

Suid-Afrikaners het die Skarumba-meisie lankal as nie net trots Afrikaans nie, maar ook trots Suid-Afrikaans aanvaar. Juanita se huis is egter nie nét in Suid-Afrika nie. Dié gewilde sangeres is oorspronklik van Namibië en het selfs vir dié land netbal gespeel.

Juanita du Plessis

Riana Nel & Nianell

Die susters Nianell (Sonia) en Riana Nel is ook albei trotse boorlinge van Namibië. Hulle het in Windhoek groot geword voordat hulle in Suid-Afrika hul loopbane as sangers verder opgebou het. Nianell was óók ’n Namibiese netbalspeler.

Behati Prinsloo

Behati is moontlik een van Namibië se grootste uitvoerprodukte nóg. Nie net is sy ’n Victoria Secret-model in Amerika nie, haar bekendheidstatus het die hoogte in geskiet toe sy verloof geraak het aan die sanger én sexyste man in die wêreld, Adam Levine.

FOTO: Gallo Images / Getty Images Behati en haar sanger-kêrel Adam Levine FOTO: Gallo Images / Getty Images

Nóg Suid-Afrikaners van Namibië

  • Binnelanders se suster Naomi Ferreira, oftewel Je-Ani Swiegelaar, het in Pretoria groot geword, maar sy is in Namibië gebore

  • Rugby-legende Percy Montgomery

  • Skrywer van die boek Vaselinetjie Anoeschka von Meck kom oorspronklik van Hentiesbaai
  • Die naelloper Frankie Fredericks was Namibië se eerste Olimpiese medaljehouer