Pandemiese spekulasie oor die voorblad van die nuwe Dan Brown-roman het veroorsaak dat uitgewers dit vroeër moes bekend maak.

Op 15 September is dit die wêreldwye bekendstelling van The Lost Symbolsekerlik nog 'n treffer deur die gewilde skrywer van die topverkopers The Da Vinci Code en Angels & Demons. Vir die eerste druk word 'n allemintige 6,5 miljoen eksemplare in Engels uitgegee – die grootste drukoplaag in die geskiedenis van die uitgewershuis, Random House.

Die hoofkarakter, Robert Langdon (in The Da Vinci Code op die silwerdoek vertolk deur Tom Hanks), maak weer sy verskyning. (The Da Vinci Code se opvolgfliek, Angels & Demons, begin ook op 15 Mei in Amerika draai).

Die tempo van die storie in The Lost Symbol beloof om vinnig te wees, aangesien die intrige hom in 'n 12-uur-tydperk afspeel. Die uitdaging was om 5 jaar se navorsing in 12 uur in te pers!

Dan Brown-rekords:

1. In Brittanje was The Da Vinci Code vir meer as 2 jaar op die Sunday Times se Top 10-verkoperlys, en vir 68 weke was dit nommer 1.

2. The Da Vinci Code is die topverkoper-sagtebandroman van alle tye in Brittanje.

3. Angels & Demons, Deception Point en Digital Fortress, Dan Brown se ander romans, is onderskeidelik die tweede, derde en vierde topverkoper-sagtebandromans van alle tye in Brittanje.

Vir nog, gaan na www.danbrown.com

Koop 'n Dan Brown-boek by kalahari.net