Wat die Amerikaners nie vir goeie TV sal doen nie! 12 Amerikaanse vroue staan die kans om uiteindelik met 'prins Harry' te trou  - of ten minste, só glo hulle...

Die nuwe werklikheidsprogram, wat aan die einde van Mei in Amerika afskop, is Idols-aanbieder enrealiteitsvervaardiger Ryan Seacrest se nuutste projek, berig Daily Mail. In I wanna marry 'Harry' word 12 meisies, wat verlede jaar vir die program ingeskryf het, na Brittanje gevlieg. Hier sal hulle teen mekaar kompeteer om 'Harry' se hart te wen terwyl hulle saam met hom in ’n huis in Berkshire bly. Prins Harry tree uit as helikopter-vlieënier Daar is net een probleem... "Harry" is eintlik ’n doodgewone Brit, Matthew Hicks. Matthew het ’n oormaaksessie gehad om soos dié Britse prins te lyk. Hy gaan eers aan die einde van die program erken dat hy voorgegee het om die prins te wees.

Maar hoe sal die meisies dan reageer? Het die finaliste verlief geraak op die man of op die kroon? Die regte prins Harry se trouplanne...

Ryan Seacrest beplan die lawwe program al sedert Augustus. Maar tot onlangs is dit bemark as Dream Date sodat die finaliste nie weet dat hulle nie by die ware Harry intrek nie. Ryan vervaardig ook ander werklikheidsprogramme, soos Keeping up with the Kardashians en Married to Jonas.

SA-meisie wen Ryan Seacrest se kompetisie

In werklikheid is prins Harry deesdae in ’n ernstige verhouding met Cressida Bonas. Dit klink selfs of die paartjie planne het om verloof te raak!

WAT DINK JY? LYK MATTHEW SOOS HARRY? Los kommentaar onder dié artikel of op ons Facebook- of Twitter-blad.

BRON: Daily Mail