Sting het oor “Roxanne” gesing, Leonard Cohen het ’n lied vir “Suzanne” geskryf, Smokey het langs “Alice” gebly, Simon & Garfunkel het verlief geraak op “Cecilia” en “Rosanna” het vir Toto geïnspireer. Vyf vroue “Cleopatra”, “Ophelia”, “Angela”, “Gloria” en “Donna” het by The Lumineers kom spook. Ja, oor die jare was verskeie vroue se name in liedjies verewig.
In Afrikaans het kunstenaars ook al oor vroue gesing.
Simone
Die liedjieskrywer Anton Goosen het in 1981 die liedjie “Brief vir Simone” neergepen. Het Simone toe ooit teruggeskryf?
Lisa
In 1986 het Koos Kombuis een van sy bekendste liedjies neergepen “Lisa se Klavier”. Dans Lisa se vingers steeds op haar klavier se klawers?
Melanie
Die Afrikaanse sanger Jay het in 2010 ’n sokkie-treffer geskryf “Melanie”. Die aktrise Donnalee Roberts het die rol van Melanie in sy musiekvideo vertolk.
Leja
In 2009 het die rockgroep Die Heuwels Fantasties die lied “Leja” gesing. Het Leja ooit met haar liefde herenig?
Nonna
In 2019 het Appel die liedjie “Nonna” vrygestel, oor die vrygees-meisie wat die wêreld vol reis. Die aktrise Mila Guy het die Nonna in sy musiekvideo gespeel.
Madelein
Die Afrikaanse sanger Ricus Nel het in 2017 die liedjie “Madelein” neergepen. Wie was Madelein?
Megan
In 2015 het die liedjieskrywer en lid van Twee, Herman Kleinhans, die liedjie “Vir Megan” geskryf. Het Megan toe haar laaste soen vir hom gelos?
Jessica
Die Ray Dylan-liedjie “Jessica” (2008) word steeds ná al die jare op gesokkie.
Susanna
In 2009 het Dozi die liedjie “Susanna Soen My” gesing. Het Susanna hom al gesoen?
Angeline
Die Afrikaanse sanger Robbie Wessels het in 2012 die liedjie “Angeline” geskryf. Het hy toe ooit die sonneblom vir haar gegee?
Nicolene
In 1978 het wyle Gé Korsten die liedjie “Nicolene” gesing.
Sophie
In 2018 het die die sanger Stefan Burger die liedjie “Sophie se Kaggel” geskryf.
Lenie
Die rockgroep Spoegwolf het in 2012 die liedjie “Lenie Blou” geskryf. Het hy toe Lenie terug gewen?
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET