Die storie speel af in 1908 op die plaas Rietfontein waar Marais by die Van Rooyen-gesin beland. “Maria (gespeel deur Elize Cawood), haar man, Gys (gespeel deur Marius Weyers), hul seun (gespeel deur Kaz McKFadden) en ‘aanneem-dogter’ Jane Bryanshaw (gespeel deur Anneke Weideman) sien om na ’n baie siek Marais, wat blykbaar aan malaria ly,” lui ’n persverklaring oor die fliek.

“Maar dit is nie al waaraan die man ly nie... En kort voor lank begin die poppe dans op Rietfontein, want ’n vrou is nie ’n klip nie, en ’n man is ook maar net ’n man – maak nie saak hoe ’n mens daarna kyk nie.”

Erica Wessels en Cobus Rossouw is ook in die rolprent te sien en Katinka Heyns het die regie behartig. Dit is volgens die persverklaring haar eerste fliek in 14 jaar. Chris Barnard, haar man, het die draaiboek geskryf.

Kyk hier na Die Wonderwerker se lokprent