In VIA (DStv-kanaal 147) se nuwe mooimaakprogram Die skatties kom kuier spesiale gaste weekliks in die ateljee by die geliefde Christi Panagio en haar kennerspan om in die styl van ikoniese heldinne uit die 1950s en 1960s omtower te word. 

In episode twee van Die skatties kom kuier Sy klink soos lente-aktrise Amalia Uys by Christi in die ateljee en kykers het ’n kans om haar beter te leer ken. Iets wat min mense van haar weet, is dat sy ’n absolute boekwurm en natuurliefhebber is.

Amalia Uys. FOTO: Leon Oosthuizen
 

In dié episode sien ons egter ’n ander kant van Amalia wanneer Christi en die span haar transformeer in die styl van die omstrede “pin up”-ikoon Bettie Page. Kyk jy haar in dié “pin-up”-foto herken? 

Happy #HumpDay from the farm! ????‍???? #BettiePage #BettieBooty #pinup

A post shared by Bettie Page (@bettiepage) on

Amalia as Bettie Page. FOTO: Leon Oosthuizen

Nog nie Die skatties gekyk nie? Kyk die lusmaker: 


Vir nog oulike mooimaakidees, kyk Woensdae om 17:30, Saterdae om 14:00 of Sondae om 15:30 Die skatties op VIA (DStv-kanaal 147).