Toy Story 3 is vir 5 Oscars benoem, waaronder die benoeming vir beste fliek, Alice in Wonderland is vir 3 beeldjies benoem, en Day & Night, Tangled, The Tempest en Tron: Legacy het elk een benoeming ontvang. Dit is maar die derde keer in die geskiedenis van die Oscars dat 'n animasie-fliek in die kategorie beste fliek benoem word. Die enigste ander animasieflieks wat dit tot dusver kon regkry, was Beauty and the Beast (1991) en Up (2009). Die Toy Story-trilogie se Oscar-benoemings staan nou reeds op 9.
Die Disney-prente het in die volgende kategorieë benoemings ontvang:

Toy Story 3

Beste fliek van die jaar - Darla K. Anderson, vervaardiger Beste animasiefliek van die jaar - Lee Unkrich Beste liedjie geskryf vir 'n fliek ("We Belong Together") - Randy Newman Beste klank-redigering - Tom Myers en Michael Silver
Beste aangepaste draaiboek - Michael Arndt, storie deurJohn Lasseter, Andrew Stanton en Lee Unkrich
 

Day & Night

Beste animasie-kortfilm – Teddy Newton
 

Tangled

Beste oorspronklike liedjie geskryf vir ’n fliek ("I See the Light") – Glenn Slater
 

The Tempest

Beste kostuumontwerpSandy Powell

Tron: Legacy

Beste klank-redigering - Gwendolyn Yates Whittle en Addison Teague
 
Kyk hier onder na die lokprent van Pirates of the Caribbean 4.