Nadia Valvekens, Pippa van Binneland (hooffoto)

Ek vier Kersfees en Nuwejaar in Parys, Frankryk!!

FOTO: Leana Clunies-Ross FOTO: Leana Clunies-Ross

Aktrise Zetske van Pletzen

Dis vir my lekker om saam met familie Kersfees te vier. Ons is in die bevoorregte posisie dat ons familie ook goeie vriende is!

Dié jaar kuier ons by my man, Altus Theart, se broer en gesin in Windhoek. Hulle het ’n pasgebore baba, daarom gaan ons almal na hulle toe!

Sangeres Claire Johnston

Ek vier Kersfees op ’n baie ontspanne manier met goeie kos en goeie gaste!

Claire Johnston Mango Groove

FOTO: Clinton Lubbe FOTO: Clinton Lubbe

Elma Postma, Bea in Binneland

Ek beplan om hierdie Kersfees saam met my familie in Mtunzini, Natal te vier.  Dit is gewoonlik heerlik warm en die vars see-lug is altyd goed vir die siel!

Dit is ’n tyd van refleksie en stil-word saam met mense vir wie ek baie lief is…

AMW_2388SARIE.com se borskankerblogger, Joyce Kuter

Kersfeetyd is ’n fees tyd by ons familie! Almal kuier saam by my ouers se vakansiehuis op Yzerfontein. Die manne vang vis en die girls probeer die kinders besig hou en ook so bietjie werk aan die tan.

Ons is ‘n lekker groot familie en dit is tradisie dat almal Kersdag saam eet. ’n Wonderlike tyd om op te vang oor die jaar se gebeure en om weer stories te deel met diegene wat jy lanklaas gesien het. Dit is net ’n ongelooflike gevoel van liefde en saam-wees.

Roeline Daneel

(Aktrise en dogter van aktrise Elsabé Daneel)

As ek aan Kersfees dink, sien ek ons familie op Sandbaai. Daar is altyd geskenke en baie kos. Oor die jare het die kos verander van warm, swaar etes na ligter kosse soos slaaie en tapas. Tyd saam met my twee jonger broers en hond is beslis ook deel van my Kersfees-prentjie. Dié tyd van die jaar gaan oor bederf.

Roelien Daneel FOTO: Mark Cameron

Angelique Gerber

(voormalige 7de Laan-aktrise, televisie-aanbieder en mode-ontwerper)

Ek gaan by Diaz-strand in Mosselbaai wees. Ek werk daar dié Desember-vakansie so ek gaan lekker by die see Kersfees vier!

FOTO: Clinton Lubbe FOTO: Clinton Lubbe

FOTO: Nianell saam met Tayden, Jade en Kaeley FOTO: Nianell saam met Tayden, Jade en Kaeley

Sangeres Nianell

Hierdie jaar vier ons Kersfees in Yzerfontein en soos altyd saam met my familie. My sussie Riana (ook ’n sangeres) en haar man, Cornel; en ook my ander sussie Erika en haar gesin gaan daar wees. Natuurlik ook my pa al die pad van Namibië af!

Kersfees is familietyd en dit is nogal vir my belangrik om tyd te maak vir my gesin en familie gedurende die feestyd.

Vicky Davis

(voormalige 7de Laan-aktrise, televisie-aanbieder en -vervaardiger)

Ek beplan om die grootste gedeelte rustig tuis te bly en te ontspan! Ek verkies om nie te veel te reis as almal anders op die pad is nie. Ek gebruik Desember om dinge te doen waarvoor ek nie vroeër in die jaar tyd gehad het nie.

Ek wil graag ’n lekker "country-style" Kersete vir vriende so paar dae voor Kersfees hou om die samesyn te vier. En dan Kersdag vier ek gewoonlik saam met my familie.

vicky_home

Ek sal dalk vir so paar dae tussen Kersfees en die nuwe jaar Suidkus toe ry om by vriende te gaan kuier by  Nature's Valley, omdat dit die heel mooiste plek in die land is en ’n spesiale plek in my hart het.

Ek is mal oor Kersfees omdat baie mense vir ’n paar dae weer onthou om te gee en deel, nie net materiële dinge nie, maar ook liefde en goeie wense.

FOTO: Chris Townsend FOTO: Chris Townsend

Sanger Elvis Blue

Ons probeer dinge redelik eenvoudig hou oor Kersfees. Ons bly in ’n pragtige deel van die land en ons probeer gewoonlik om meer in die buitelug te wees. Ek spandeer Kersdag saam met die 3 meisies in my lewe - en dit is net perfek vir my!

Kate Borthwick

(Musikant en dogter van aktrise Rika Sennett)

Ons gesin gaan groot oor Kersfees. Konserte, kos, geskenke en familie is my idee van Kersfees vier. Ek onthou hoe ons altyd by my ouma-hulle se huis op Knysna byeen gekom het en gewone dennetakke uitgesoek het om ’n Kersboom te maak.

Hannah Borthwick

(Aktrise en dogter van aktrise Rika Sennett)

Kos en konserte – dít is my Kersfees. Vandat ons klein was, het ons Kersfees kinderkonserte vir mekaar opgevoer. Ons familie maak ‘n punt daarvan om almal by mekaar uit te kom, en as omstandighede dit nie toelaat nie, sal ons wel ’n draai maak by almal deur die vakansie. Kersfees gaan oor saamwees.