Die Nataniël Tafel skop Dinsdag 16 Julie om 19h30 weer af. Dié reeks is propvol kos, leefstyl, bekendes, komedie en vermaak! Hierdie reeks duur vir 26 episodes.

**Hier's ook 'n skakel na die vorige seisoen se Nataniël Tafel-resepte

Hier's 'n skreeusnaakse video van die bekendstelling

SA se Nigella?
Ilse Kook, met model Ilse Fourie van Masterchef SA faam, skop op Donderdag 4 Julie 2013 om 17:30 af. Die splinternuwe Afrikaanse kookprogram loer weekliks in by Ilse in haar kombuis waar sy van haar smullekker disse voorberei. Sy kook haar gunstelinge wat sy as internasionale model op haar wêreldreise geproe het. Haar aanbiedingstyl is gemaklik en intiem, en die kyker sit sommer by die kombuistoonbank en kuier.

"Ek geniet my kurwes." - Ilse Fourie

Kêrels wat kook is terug vir nog 'n seisoenen dit skop 11 Julie om 21:00 af.Dié keer is dit uitgebrei na 28 episodes en 7 dames gaan die geleentheid kry om met drie verskillende kêrels uit te gaan. Na afloop van die drie afsprake, nooi elke dame haar drie potensiële kêrels gelyktydig na ‘n laaste afspraak: ‘n ete by ‘n spog-restaurant waar sy hulle elimineer tot net háár kêrel oorbly.

Kokkedoor se finaal ook in Julie!

Die Kokkedore spook dit uit vir die finaal van SA se eerste Kokkedoor. Hier's 'n video van een van die gewildste deelnemers: Poppie Coetzer