* Hy drink 15-20 koppies tee per dag. “Ek was baie lief vir koffie, maar het hartkloppings gekry. Ek het toe oorgeskakel Coke toe, maar my dokter het gesê dis nog erger! Nou drink ek tee. Verskeie soorte ... Rooibos, kamille, kaneel, chai.”

* Hy drink sy tee uit die piering. “Ek het die weird maniertjie opgetel by my oupa, Appa en pa, Omar.  Dis vir my die sequence hoe jy tee drink. Nie koffie nie, dit drink ek uit die beker.”

* Hy wou kindersielkunde swot, maar daar was nie geld nie. “Ek is passievol oor kinders en werk lekker met hulle. Dis dalk ’n childlike ding wat ek het.”

* Hy wil nie seremoniemeester by korporatiewe funksies wees nie. “Ek word gereeld gevra, mense dink ek praat nonsens vir ’n lewe. Nee, nee, ek praat nie net nonsens nie en wil nie bekendstaan as komediant nie. Ek wil bekend wees as entertainer."

* Hy sou David Kramer graag op die verhoog wou uitbeeld. “Ek het sy movements gecapture, hoe hy sing, sy mond trek, sy oë. . . Ek het begin vanjaar ’n kitaar gekoop. Ek wil leer om dit te speel. As ek ooit in tribute vir hom moet doen, dan wil ek dit góéd doen.”

* In jou September-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 20 Augustus 2012 te koop) gesels ons met Emo en sy ewe talentvolle broer, Loukmaan Adams. Moet dit nie misloop nie!