’n Kombuis is die hart waarom die huis draai. En nou het Bertha en haar man, Karel, besluit dis tyd om hul kombuis op te knap om ’n kamer te skep wat hulle saam met hul kinders Brioné (2) en Kiana (6) kan geniet.

Bertha het haar eie blog oor hierdie projek begin. Sy en Karel sê wat werk en nie werk nie.

Hierdie is haar eerste inskrywing:

Ons het besluit dit sal ’n goeie toets vir ons verhouding wees om ons kombuis op te knap en my man het ingestem om dit op sy eie aan te pak ... En so het dit begin, ek het by die huis gekom met ’n fantastiese verassing: AL die kasdeure was afgehaal en my man was met stof bedek met ’n groot glimlag op sy bakkies.

Hier is foto’s van hul kombuis vóór Karel aan die deure begin skuur het:

Bertha en Karl se kombuis-projekBertha en Karl se kombuis-projekBertha en Karl se kombuis-projekBertha en Karl se kombuis-projek

Volg Bertha se kombuis se transformasie op haar blog hier.