Daar is niks mooier as 'n vrou wat skitter van pure geluk nie. Haar oë blink en sy straal as sy glimlag. Daarom het die aktrise Donnalee Roberts gisteraand asemrowend by die amptelike première van Stroomop gelyk. Sy en Ivan Botha, haar verloofde en vennoot, het hul derde fliek vir 'n gehoor gewys. En om stories te vertel is een van die grootste vreugdes vir Donnalee.

Sy het 'n smaraggroen Vesselina Pentcheva-rok gedra met 'n blommotief wat strategies bo haar kaal rug geplaas was.

Volgens Amaria Carstens, SARIE se moderakteur, het Donnalee ongelooflik gelyk. "Donnalee se rok laat ons aan Nicole Kidman se uitrusting by die 2017 SAG-toekennings dink. Nés Nicole is sy nie bang om te eksperimenteer op die rooi tapyt nie. Daarom trek sy altyd aandag met haar ongelooflike styl."

Kyk hoe het Donnalee geskitter:

FOTO SARIE
FOTO SARIE
FOTO SARIE

En onthou jy nog hierdie styl-oomblik van Nicole Kidman:

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

En die aktrise Simoné Nortmann het ook ongelooflik gelyk.

"Albei het Hollywood na Suid-Afrika toe gebring," meen Amaria. "Simoné se rok laat ons dink aan Gwyneth Paltrow se styl-oomblik by die 2015 Oscars – klassiek, sjiek en net ‘n tikkie drama om dit modern te hou. Hierdie rok het Simoné soos ‘n handskoen gepas. En die kleur het my laat dink aan die sagte blou Afrika-lug."

Hier's Simoné se pragtige styl-oomblik:

FOTO SARIE

FOTO SARIE
FOTO SARIE

Onthou jy nog Gwyneth se Oscar-oomblik:

FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images