Die Downsindroom-lyer en aktrise Jamie Brewer maak geskiedenis: Sy is die eerste mens met dié sindroom wat by die New Yorkse Modeweek op die loopplank gaan verskyn, berig E! Online. Jamie sal ’n oorspronklike ontwerp van Carrie Hammer dra by die modeskou, wat vandag begin. Sy is deel van Carrie se Role Models Not Runway Models-veldtog, wat verlede jaar sy debuut by die New Yorkse Modeweek gemaak het.

Die American Horror Story-ster is bewus daarvan dat sy reeds as baanbreker en rolmodel beskou word: "Jong vroue en selfs jong mans sien my en sê 'as sy dit kan doen, kan ek dit ook doen.' Dit is waarlik ’n inspirasie om ’n rolmodel te wees en om mense aan te moedig om hulself te wees."

Bron: E! Online